Die bekende kinderliedjie ‘almal dra n jas’ het n lekker catchy tune, ek onthou nie veel daarvan nie behalwe die insit stukkie: Almal dra`n jas, n jas wat netjies pas…
Die afgelope week by die werk was dinge stil – stiller as normaal… Die ekonomie het (soos SA in die olimpiese spele) geen oplewing veroorsaak nie… Tye is hard en mense kry swaar, inkopielyste word verkort en budgets word gesny, maar terwyl die armes armer raak, is daar rykes wat ryker word, mooier en duurder… Jy kry optimiste en pesimiste en dan sommer ook die tussen-in. Ek verkies om realisties te wees. Ons is almal netjies toegedraai in on eie pretensies en voorkeure, Dit wat ons wil wees, straal ons na buite, dit wat ons is, hou ons binne.
Elkeen dra sy eie jas, een wat hom pas, en as jy wil kan jy n hele paar mense op hulle ‘baadjies’ takseer. In swaar tye, soos die, word die pelse verruil vir polyester, en as ons bedreig word, verruil ons die koningskleed vir kaf…
Op kantoor. My assistent Aghata (ons noem haar n mooi naam, al is sy n harde, koue vrou…) se man het sy besigheid verkoop. Met opgewondenheid is aan elkeen vertel wat wou hoor – 2.2 miljoen is in die bank! Klaarblyklik was die glasies geklink… Toe kom die val – Rentekoerse gaan op en tonne kope word gekanseleer. (banke of kopers self besluit om lenings van die hand te wys…) Met ons Agatha was dit so – die koper kon toe nie meer koop nie. En toe word die netjiese jassie knoop ver knoop losgemaak en die ware kleure wys… Nie helder flambojant en warm nie, maar koue grys kleure. Die volgende weke was vir die kantoorpersoneel opwindend. Die betrokke bank se top bestuur (gepraat van die corporate ladder) is geskakel en geskel, man, kinders en ma loop deur en selfs die konsultante moet boete doenning doen… Met tye was sy gekalmeerd, dan weet ons – die perculator gaan nou-nou oorkook…
Vyf-uur verkeer… Die man in die dubbel kajuit bakkie oorkant die kruising leun met altwee arms op die stuurwiel terwyl hy opwaarts na die robot staar… amper biddend. `n Christen blanke man miskien 55, met `n ‘al debbo’ pet en pierce brosnan sonbrille, … ‘n Ouderling in een van die susterskerke…. takseer ek hom op sy briltoutjie… Avril teem in die agtergrond oor sk8terboi - Die lig slaan groen, en die man draai links.
Die taxi (uit die hel) skiet oor die rooi lig, en jaag voor die bakkie in. Die giet mis die neus van die christen man met n goed-gegegewe sentimeter - en daar verdwyn Zola tevrede met vrag en al. Ek sien alles! Die man leun so oor die stuurwiel (om die ‘skade’ te bepaal) dat sy keppie afdruk teen die ruit, en toe vorm sy mond die woorde, duidelik, verstaanbaar, (soos Schalk Burger se eensydige gesprek met Willie Ds. ) “F*## – H*&rkindse – K*&&^r . ‘Nogal Snaaks’ giggel ek. Die kerkbaadjie is uit…
Terug blik… Die dominee van my studente dae was gewild onder sommige gemeentelede. Die huilende, smekende stem kon jou nogal oorreed om terug te draai van al die verkeerde wee… Sy Pak was altyd swart met wit hemde en dasse – al was ons reeds in die eerste dekade van die 2de millenuim…en hy 32. Die ouer mense het dit gelaaik – Die swart en wit monotoon kleure het goed by hulle Calvinistiese lewensbeskouings gepas. Dominee wou ook aan gespreek word as dominee. Met die een en enigste tienerpreek wat ek in die kerk was preek dominee toe mos oor “cool dinge” : onder andere Billa Bong, Nike, Britney ( Sy favourite sondaar…) en daar staan n ouer vrou agter, onder die balkon op “Dominee ek dink Jesus is cool, en nie die snert wat jy nou kwyt raak nie…” En daar staan arme dominee weerloos, stil – en van toe af kry ons net gereformeerde preke!
Die gemeente roep toe`n nuwe dominee… Hy is plat op die aarde, hy soen die tannies as die ou dominee hand gee, hy dra nie toga nie en is nie pretensieus soos sy kollega nie. Hy preek gemaklik met alledaagse voorbeelde en nie wederkoms of bestrawwende oordeelspreke nie, net lekker vars preke – Die ouer dominee trek sy toga uit en die ware kleure wys… Donker kleure… Haat, afsku, weersin…
Die ouer Een probber alles, kerkraadslede word gemanipuleer, n dagbestuur word uit die binne kring gekies, en klagtes word ingedien teen sy jonger kolega… Nadat verhoudige versuur is, en mense seer gekry het, vertel die ouer Een met smaak daar was fout aan albei kante (terwyl net sy hande ‘derup’ van die bloed…) Die uit-einde? Die jong dominee vind sy weg elders, sy jas mooi in plek, terwyl die ouer doos syne stilletjies aantrek en kreukels uitvee… ongesiens – of so dink hy…
Jy en ek dra `n jas – meestal een wat ons netjies pas.
Of so dink ons… Dan kom jy met skok en afgryse agter dat daar `n knoop of twee oop is, en dan sien jy wat die wereld sien… (nie jou junior nie, man…!) JOU ware kleure…
“kopiereg voorbehou – 2008 Proveet“
