Die proveet se geboorte…
Dit is die 19 Augustus 2008… Sy oe gaan swaar oop, sy mond is droog en hy voel voel aan junior wat al n geruime tyd voor hom wakker is… Gister aand was heerlik. Vriende, goeie kos en lekker drankies… Dit laat net jou kop dof…
Toilet, tandeborsel en dan terug bed toe… met sy stukkie tegnologie kan hy sy dagboek uit sy bed reel…
Die losbandige gedagte oor sy eie blog het al n geruime tyd by hom gepleit… Maar tevergeefs… Nadat sy e-posse gestuur is tik hy lui met sy een vinger in die adresbalkie : w..o..r…d..p..r..e.ss.com (al ander se blogs met die adres raakgeloer…)
Teenstrydig met die advertenise neem dit sowat 15 minute … om geboorte te skenk:
Die nuwe kind moet naam kry…. Hy sal n eietydse visioeneerder wees, hy sal kerk-los wees, hy sal mens wees, maar tog aan Theos veranwoording doen… Hy sal mense liefhe… Hy sal inspireer… Hy sal een (selfs meer) achilles heel he… darom die simboliese naam: Proveet
Die Proveet is gebore op 19 Augustus 2008
